Waar lewer ons af?

Terwille van die koste vir ons kliënte, soos meeste varsproduktebesighede, lewer ons nie landwyd af nie.

Ons lewer wel af in Nylstroom, Warmbad, Thabazimbi, Vaalwater en Pretoria.

Aflewering in Pretoria geskied twee-weekliks of maandeliks, weereens om dit bekostigbaar te hou. Die datums beplan ons om die vervolg ook hier vooruit bekend te maak.

Aflewering tye hang af van waar jy is.

Persone in Nylstroom, Warmbad, Alma en Vaalwater kan enige tyd aanlyn bestel waarvan daar beskikbaar is en ons haal dit vir jou uit en sal aflewering binne ‘n 8 dae vanaf jou datum van bestelling af by jou kry. 

Persone in Thabazimbi kan ook bestel en aflewering geskied die 2e en 4e Maandag van elke maand. Die bestelling moet net in wees teen daardie vorige Saterdag middag om 13:00.

Vir Bestellings in Pretoria en nabygeleë streke: Ons bepaal een of twee aflewerdatums in elke maand. Een van drie moontlikhede:

1) Jy reel met ons kontakpersoon in Pretoria Noord om dit by haar af te haal.

2) Jy maak van die afgesproke (veilige) oorgeeplekke gebruik waar ons op die aflewerdatum sal wees om almal wat daar kom afhaal se pakkies te oorhandig.

Daar is aflewer plekke in Elarduspark (Rietvallei), Verwoerdburg (Wierdapark), Pretoria Moot (NG Kerk Waverley-Oos), Silverlakes (Plant Traders) ens Dit verander van maand tot maand maar julle sal per Whatsapp daarvan ingelig word.

3) Aflewering by jou huis. Daar is egter ‘n koste aan omdat ons heel moontlik spesiaal daarvoor moet ry.