Welkom by Watertrap Nguni’s

By Watertrap Boerdery, gelëe in die hartjie van lieflike Alma-vallei, boer ons met Nguni-beeste, so na aan die natuur as moontlik – geen graan, afvalprodukte, of hormone nie – net skoon gras.

En natuurlik knoffel, aalwyn, diatomiese aarde, vitamine en minerale. 😉

Regte, egte VELD-beesvleis —  dit is  SKOON én SMAAKLIK.

Waarom Watertrap Nguni-vleis?

  1. Fyn van grein, nie onnodig vet nie — sappig en besonder geurig. Dis Nguni.
  2. Pikante t-bene en rumpsteak (Nguni’s is van nature klein gebou).
  3. 100% bekostigbaar maar beslis nie ‘goedkoop’ supermark-vleis nie.
  4. Wors sonder peper of vark? Geen probleem. Ons verstaan u spesiale behoeftes.
  5. 100% professioneel geslag, verwerk, verpak en gevries.
  6. U verkies om self te verwerk? Ons slag en maak dit vir u ryp. U kom haal net.
  7. Ken nie Nguni nie? Geen probleem. Bestel klein en PROE

Hoe om by Watertrap te koop?

  1. Gevriesde Voorraad-verkope – Gaan kyk op ons aanlyn Shopify Winkel om te bestel uit wat beskikbaar is vir aflewering

Ook beskikbaar: SKOON vark (hulle loop ook op die veld) en lieflike Nguni-velle .

Let wel: 3% Afslag koepon op bestellings groter as 15kg *

  1. Vooraf-bestelling – Ons neem ook graag groot bestellings van bv. ‘n halwe karkas. In minder as 3 weke is u vleis ryp, verwerk en netjies verpak. (50% Deposito betaalbaar op  halwe of heel karkas.)  6% afslag geld hier.

(Gaan kyk asb hier vir die jongste pryse per kg .

Kontak Christina by 082 324 8637  of  bestel@watertrap.co.za 

*Bene vir Bonebroth uitgesluit.